Loading...

Woorde, wyn en waarhede

Museum of Dogs, Keerom Street 95, Cape Town City Centre

  • Sunday, Nov 01, 2026
  • 04:00 PM - 06:00 PM

About

Die bekroonde digter, skrywer en omroeper, Daniel Hugo, besoek op Sondag, 1 November, Kaapstad se unieke Museum van Honde om te gesels oor Vers en Kapittel III, sy jongste samestelling van artikels, rubrieke, resensies en gedenklesings, asook gedigte uit sy bundel Kategismus voor te lees.


Met 17 digbundels wat reeds uit sy pen verskyn het, is Hugo seker een van die mees gerekende digters in Afrikaans. Sy jarelange aanbieding van po sieprogramme op RSG het hom ook 'n huishoudelike naam onder taalliefhebbers gemaak.


Moet dus nie hierdie geleentheid misloop om Hugo oor sy eie werk, en die digproses, te hoor gesels in die Museum van Honde, wat in een van die oudste geboue in Kaapstad gehuisves word nie. Dit gebou was eens op 'n tyd die perdestalle vir die destydse Kompanjiestuin, en die vloer en mure van die onderste verdieping vertoon steeds die oorspronklike klipwerk. Vandag vertel dit verhale en vertoon kunswerke van die mens se beste vriend, en dien as atmosfeerryke bymekaarkomplek vir kuns- en musiekliefhebbers.


Datum: 1 November 2026


Plek: Museum van Honde, Keeromstraat 95, Kaapstad


Tyd: 16:00

Venue Location

Museum of Dogs, Keerom Street 95, Cape Town City Centre

Reviews

What about dinner before the show?

Find the Best of South Africa

Get our expert guides and smart Alerts for SA's top restaurants, events and services. Stop hunting, start finding