|
Thursday, Aug 13, 2026 |
|
06:30 PM - 08:00 PM |
The Stage Coach by Santos Express bied aan: WAT OM TE DOEN AS DIE W RELD BRAND
WAT OM TE DOEN AS DIE W RELD BRAND is n splinternuwe kabaret wat spesiaal vir die legendariese Elzab Zietsman geskep is deur digter en skrywer Bibi Slippers.
Die w reld is aan die brand, maar die engel / orakel / demi-godin wat die kli ntedienssentrum van die kosmos eiehandig beman, is afgeboek weens uitbranding. Die groot oor van die heelal is geheel en al oor dit. Wie gaan nou na die mensdom se gesanik luister, raad gee oor verhoudings en vure doodslaan waar hulle dreig om verwoesting te saai? In hierdie kabaret vertolk Elzab Zietsman die rol van n Vra Dr. Adri agony aunt vir alles en almal in die universum, met vurige vertolkings van bekende treffers en n pragmatiese benadering tot oorlewing in tye wat voel soos die einde van dae.
The world is on fire, but the angel / oracle / demi-goddess who single-handedly runs the cosmos s customer service centre is booked off due to burnout. The great ear of the universe is completely over it. Who will now listen to humanity s nagging, give relationship advice, and put out fires where they threaten to wreak destruction?
In this cabaret, Elzab Zietsman takes on the role of a Dear Dr Adri agony aunt for everything and everyone in the universe, with fiery renditions of well-known hits and a pragmatic approach to survival in times that feel like the end of days.
Datum: 13 Augustus 2026
Tyd: 18:30
Prys: R200 per persoon
Plek: The Stage Coach, Santos Express, Mosselbaai
Sitplekke is beperk. Bespreek vroeg en kom geniet n besondere aand se teater.
Vir meer inligting bel asseblief: +27 44 691 1995
Kabaret met Elzab Zietsman
Geskryf en saamgestel deur BiBi SLiPPeRS
Met musiekregisseur Jody Jason Peterson
Regie deur Bibi Slippers
Vervaardig deur Drama Drama
R 600.00
Scarborough Community Centre, 10 Melkhout Street, Scarborough
Get alerts for similar events