|
Friday, Nov 20, 2026 |
|
08:30 AM - 10:00 AM |
Koffie en Klets is n gesellige, informele netwerkgeleentheid waar vroue mekaar persoonlik ontmoet, hul besighede en idees deel en waardevolle nuwe kontakte bou.
Oor n koppie koffie leer ons mekaar se passies en ondernemings ken, deel ons kennis en ervarings, en ontdek ons hoe ons mekaar kan ondersteun en besigheid na mekaar se kant toe kan stuur.
Dit is n geleentheid om nuwe vroue te ontmoet, verhoudings te bou en saam te groei, sonder die druk van n formele netwerkbyeenkoms.
Kom ontdek hoe jy by Vrouenetwerk kan baat en hoe ons by jou kan baat.
Ons verwelkom vroue wat:
Skakel in by vrouens wat nie net 'n verskil wil maak nie, maar reeds daarmee besig is.
Get alerts for similar events