Loading...

Vreesloos, Vry & Fabolous Vroue-Aand

Standerton Teatro, 52 Coligny Street, Standerton

  • Friday, Aug 28, 2026
  • 06:00 PM - 09:00 PM

About

Sit aan die Ketel

Vreesloos Vry Fabulous


28 Augustus 2026 | Standerton Teatro


Vier Vrouemaand saam met Yolande Brittnell-Steyn, geliefde skrywer, motiveringspreker en die vrou agter die gewilde Sit aan die Ketel sosiale media-blog.


Met haar eerlike Karoo-hart, unieke humorsin en diep geloof raak Yolande vroue se harte op 'n besondere manier. Sy deel eerlike stories, bring hoop waar daar moedeloosheid is en herinner elke vrou dat sy met 'n unieke doel geskep is. Haar boodskap sal jou inspireer om die lewe vreesloos, vry en fabulous aan te pak.


Die aand begin met 'n gesellige kuier in die Teatro-foyer waar jy stalletjies kan besoek en 'n ligte ete kan geniet. Daarna volg Yolande se inspirerende praatjie, waarna die aand afgesluit word met koffie, koek en heerlike saamkuier. Geniet ook ons stylvolle fotohoekie en 360 Photo Booth om die herinneringe van die aand vas te vang.


Nooi jou Ma, Dogter, Suster, Vriendinne en beleef 'n aand van inspirasie, bemoediging, lag en egte saamwees.


Ons sit aan die ketel... hier is 'n plek vir jou.


Kontak ons vir meer inligting:

081 815 1374

017 712 2929

Venue Location

Standerton Teatro, 52 Coligny Street, Standerton

Reviews

What about dinner before the show?

Find the Best of South Africa

Get our expert guides and smart Alerts for SA's top restaurants, events and services. Stop hunting, start finding