|
Sunday, Nov 29, 2026 |
|
11:00 AM - 02:00 PM |
Daar is iets aan n tafel.
Dis waar ons langer bly sit as wat ons beplan het. Waar daar ge et en gelag word. Waar gesprekke onverwags diep raak. Waar ons vir n oomblik ophou jaag en net weer mens kan wees.
En dis presies hoe Spontaan hierdie jaar saam met jou wil afsluit.
Nie met n g n funksie wat jy moet bywoon nie. Nie met n dag waar jy iets hoef te wees, te bewys of reg te kry nie.
Net n stoel. n Tafel. Heerlike kos. Ander vroue. En ruimte om net jy te wees.
Ons gaan saam eet. Ons gaan kuier en lag. Daar gaan oomblikke wees wat ons stil maak en oomblikke wat ons nog lank na die tyd saam huis toe vat.
En soos met alles wat Spontaan doen, bly Jesus die Een na Wie ons terugkeer.
So trek iets aan waarin jy mooi voel, bring jouself en kom sluit die jaar saam met ons af.
Kom sit. Kom eet. Kom kuier. Kom wees net jy.
Sondag, 29 November 2026
11:00 vir 11:30
Nice to Meet You, Kempton Park
Dress code: Smart Casual
R350 per persoon
n Heerlike Sondagete is by jou kaartjie ingesluit.
Daar is plek vir jou aan die tafel.
R 100.00
Ground Culture Cafe, 170 Lower Main Road, Observatory
R 650.00
Viljoensdrift Wines and Rivercruises, R317 Bonnievale Road
Get alerts for similar events