Loading...

Ruhan du Toit live by Kapstadt Brauhaus Strand

Kapstadt Brauhaus Strand, Beach Road 99

  • Wednesday, Aug 26, 2026
  • 07:30 PM - 08:45 PM

About

RUHAN DU TOIT is n bekroonde Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer van Pretoria.


Hierdie gewilde musikant, met sy sjarmante, energieke verhoogpersoonlikheid en

indrukwekkende vieroktaafstem, het oor die afgelope drie dekades diep spore in die plaaslike en

internasionale musiekbedryf getrap, en is net so deel van die Afrikaanse kultuur soos biltong en

koeksisters.


Hy het in Port-Elizabeth grootgeword, reeds op die ouderdom van elf sy eerste solo-album uitgereik en

is veral bekend vir sy uitsonderlike vertolking van die treffer, Sound of Silence, wat reeds meer as 11

miljoen kyke op YouTube gekry het.


Oor die jare, het hy verskeie loopbaanhoogtepunte behaal, waaronder 4 enkelsnitte, 27 albums,

waarvan 6 goue , 4 platinum & 1 Diamand -status bereik het, n Aitsa-toekenning in 2019, talle

radiotreffers, asook optredes op verskeie groot en gewilde musiekverho , waaronder Innibos, Afrikaans

is Groot en Lexus Pop Classics.


Met n uitgebreide repertoire, wat strek oor sewe tale, het hy ook reeds internasionaal naam gemaak en

het hy, onder andere, die geleentheid gehad om saam met die country-sanger, Kip Moore, n verhoog te

deel.


As veelsydige musikant, wat nie net sing nie maar ook verskeie instrumente kan speel, is hy net so

gemaklik tydens n uitverkoopte stadion vertoning as rondom n intieme bosveldvuur met uitgesoekte

gaste.


Ruhan, met sy skerp humorsin en eerlike opregtheid, is n geliefde kunstenaar onder jonk en oud en hy

is baie dankbaar vir die geleentheid om elke dag sy passie te kan uitleef en sy unieke talent met die

w reld te kan deel.



Belangrike Informasie:

Deure maak 18:00 oop.

Die vertoning begin om 19:30

Kapstadt Brauhaus is 'n operationele Restaurant en nie 'n Teater nie. Kos en drankies word bedien tydens die vertoning.

Venue Location

Kapstadt Brauhaus Strand, Beach Road 99

Reviews

What about dinner before the show?

Find the Best of South Africa

Get our expert guides and smart Alerts for SA's top restaurants, events and services. Stop hunting, start finding