RAAF @ Onrusrivier, De Wet Saal
De Wet Saal, 8 Roos Street, Onrusrivier, Western Cape, South AfricaAfrikaansPhysical
No reviews yet
RAAF IN ONRUS | DIE DE WET SAAL
Maandag, 21 Desember 2026
RAAF is in Onrus as deel van hul jaarlikse somertoer!
Kom kuier saam met Lourens en Esté Raaf vir 'n aand vol musiek, stories, lekker lag en daardie besonderse RAAF-ergie wat mens nie sommer vergeet nie.
Die deure open reeds om 17:00 vir 'n lekker saamkuier voor die konsert om 18:00. Daar sal 'n food truck wees vir iets lekkers om te eet, asook 'n kontantkroeg op die perseel.
En natuurlik kom die Raafontuur-wyne ook saam! Jy kan jou gunsteling Raafontuur-wyn sommer vooraf op Quicket saam met jou kaartjies koop. Wys net jou wynkaartjie by die geleentheid en ontvang jou wyn daar.
Kaartjies:
Volwassenes: R320
Kinders onder 12 jaar: R200
Plek is beperk, so moenie te lank wag om jou kaartjies te kry nie!
Ons sien julle in Onrus!
Interested in RAAF @ Onrusrivier, De Wet Saal?
View ticket details and book with the event organizer.