RAAF @ Keurboomstrand, ASADO
ASADO FIRE GRILL RESTAURANT, Main road, Keurboomstrand, Western Cape, South AfricaAfrikaansPhysical
About RAAF @ Keurboomstrand, ASADO
RAAF IN KEURBOOMSTRAND | ASADO
Woensdag, 23 Desember 2026
Keurboomstrand, maak reg vir 'n lekker somersaand saam met RAAF by ASADO!
As deel van hul jaarlikse somertoer bring Lourens en Esté weer 'n aand vol musiek, stories, lekker lag en hope RAAF-ergie na die Tuinroete!
En hierdie keer hoef julle beslis nie honger te kom nie! ASADO is bekend vir hul heerlike kos, insluitend van die lekkerste pizzas! Die restaurant is reeds deur die dag oop, so maak sommer 'n hele dag daarvan. Kom geniet 'n rustige middag en 'n lekker aansit-ete voordat die konsert begin.
Die deure vir die konsert open om 18:00, met RAAF wat om 19:30 die verhoog oorneem.
Daar sal 'n kontantkroeg wees en natuurlik sal ons Raafontuur-wyne ook op die aand beskikbaar wees om te koop.
Kaartjies:
Volwassenes: R320
Kinders onder 12 jaar: R200
Sitplekke is beperk, so bespreek vroegtydig om seker te maak julle mis nie hierdie lekker Desember-kuier nie!
Keurboomstrand, ons sien julle daar!
Interested in RAAF @ Keurboomstrand, ASADO?
View ticket details and book with the event organizer.