RAAF @ Hoekwill, Cornerstone Creek
Cornerstone Creek Restaurant, Hoekwil Road, Wilderness, Western Cape, South AfricaAfrikaansPhysical
About RAAF @ Hoekwill, Cornerstone Creek
RAAF SOMERTOER 2026 | CORNERSTONE CREEK, HOEKWIL
SONDAG, 27 DESEMBER 2026
Daar's min dinge so lekker soos 'n Desember Sondag middag in die Tuinroete nie – veral as daar goeie musiek, 'n glasie wyn en 'n bietjie RAAF-ergie by betrokke is!
RAAF maak hierdie somer 'n draai by die pragtige Cornerstone Creek in Hoekwil, en ons kan aan min beter maniere dink om 'n Sondagmiddag deur te bring.
Verwag 'n heerlike ontspanne buitelugkuier, omring deur die natuur, vars plaaslug en natuurlik RAAF se kenmerkende mengsel van musiek, stories, humor en daardie onvergeetlike oomblikke wat mens nog lank ná die laaste noot bybly.
Kom vroeg, kry vir jou iets lekkers om te drink, geniet die omgewing en maak jou reg vir 'n middag vol musiek en lekker saamwees.
DIE BELANGRIKE INLIGTING
PLEK: Cornerstone Creek, Hoekwil
DATUM: Sondag, 27 Desember 2026
DEURE OPEN: 15:00 vir samesyn en wyn
RAAF-KONSERT: 16:00
KAARTJIES:
Volwassenes: R300 per persoon
Kinders 5–11 jaar: R150 per persoon
Kinders 0–4 jaar: GRATIS
Bring jou familie, jou vriende en jou liefde vir musiek. Ons bring die GEES!
Ons sien julle in Hoekwil!
Interested in RAAF @ Hoekwill, Cornerstone Creek?
View ticket details and book with the event organizer.