RAAF @ Groot Brakrivier, Seeplaas
Seeplaas, Plot 60 Ottosrust, Great Brak River, 6525, South Africa, Great Brak River, Western Cape, South AfricaAfrikaansPhysical
About RAAF @ Groot Brakrivier, Seeplaas
RAAF SOMERTOER 2026 | SEEPLAAS, GROOT-BRAKRIVIER
MAANDAG, 28 DESEMBER 2026
Daar's mos sekere plekke waarheen 'n mens net elke jaar móét terugkeer. En Seeplaas is beslis een van hulle!
RAAF se jaarlikse Desemberkuier by Seeplaas in Groot-Brakrivier het al behoorlik 'n somertradisie geword. Verlede jaar het julle in julle massas opgedaag – só baie dat die plek omtrent uit sy nate wou bars! Wat 'n ongelooflike aand was dit nie!
En vanjaar kom ons terug vir nóg 'n onvergeetlike aand langs die see.
Verwag RAAF se sielsvervullende musiek, stories, lekker lag, 'n bietjie nostalgie en natuurlik hope RAAF-ergie. Met die see as agtergrond, 'n glasie wyn in die hand en die laaste Desember-son wat oor die horison sak, is daar min plekke waar ons eerder wil wees.
KOM VROEG EN MAAK 'N KUIER DAARVAN!
Seeplaas sal weer sorg vir heerlike pizzas, hope lekker wyn en 'n kontantkroeg om die dors te les.
Tafels en stoele word voorsien, so kom kry vir jou 'n lekker plekkie, bestel 'n pizza, skink 'n glasie en geniet die aand saam met ons.
En 'n klein wenk uit ondervinding: Pak 'n baadjie in! Daardie seebriesie kan soms nogal koel raak wanneer die son begin sak.
DIE BELANGRIKE INLIGTING
PLEK: Seeplaas, Groot-Brakrivier
DATUM: Maandag, 28 Desember 2026
DEURE OPEN: 18:00 vir samesyn en wyn
RAAF-KONSERT: 19:00
KAARTJIES:
Volwassenes: R300 per persoon
Kinders onder 12 jaar: R200 per persoon
Verlede jaar het julle ons behoorlik oorweldig met julle ondersteuning, so moenie te lank wag om jou kaartjies te kry nie!
Bring jou mense, jou somergees en jou liefde vir lekker musiek.
Ons sien julle weer by die see!
Interested in RAAF @ Groot Brakrivier, Seeplaas?
View ticket details and book with the event organizer.