Loading...

Mel die Storieverteller - Internet Sensasie | Die Centurion Teater

Die Centurion Teater, Amkor Road 123, Lyttelton Manor

  • Saturday, Sep 05, 2026
  • 03:00 PM - 04:30 PM

About

Mel die Storieverteller - Internet Sensasie | LIVE RECORDING SHOWS


INTERNET SENSASIE gaan LIVE!


Wees deel van die gehoor tydens hierdie spesiale geleentheid wanneer Mel

die Storieverteller haar derde komiese vertoning, Internet Sensasie,

LIVE opneem! Wees deel van die lag, die energie en die oomblikke wat

dalk n t op kamera beland.


In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in

lewende lywe op n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die

regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan

gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.


Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en

liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, n beplande vuisgeveg in n taai plek met die naam KuduKraal, hoe

Mel die Storieverteller ontstaan het en die siekte op haar voorkop.


Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so s Facebook, en ons

almal weet wat op die internet staan is n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!

Venue Location

Die Centurion Teater, Amkor Road 123, Lyttelton Manor

Reviews

What about dinner before the show?

Find the Best of South Africa

Get our expert guides and smart Alerts for SA's top restaurants, events and services. Stop hunting, start finding