Loading...

Mel die Storieverteller - Internet Sensasie @ Strandkombuis

Strandkombuis, Strandkombuis Road

  • Sunday, Sep 27, 2026
  • 11:30 AM - 04:00 PM

About

Mel die Storieverteller - Internet Sensasie @ Strandkombuis


Yzerfontein, kom geniet 'n onvergeetlike middag van lag, stories en lekker kuier saam met Mel!


In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.


Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, n beplande vuisgeveg in n taai plek met die naam KuduKraal, hoe Mel die Storieverteller ontstaan het en die siekte op haar voorkop.

Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so s Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!


Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)

Styl: Komiese Storievertelstyl

Ouderdomsbeperking: Geen o.14's

Venue: Strandkombuis

Adres: 16 Mile Beach, Strandkombuis Rd

NB: Venue Parkering is beperk. Gratis vervoer vanaf Build-It en terug.


Kaartjieprys: R580pp - 3 Gang Maaltyd ingesluit - Seafood Feast to Table


Deure open: 11:30

Vertoning begin: 13:00

Kaartjies: Quicket / Yzerfontein Toerisme Kantoor

Kontak: Helena 076 186 5511 / Eldr 082 877 6677


Venue Location

Strandkombuis, Strandkombuis Road

Reviews

What about dinner before the show?

Find the Best of South Africa

Get our expert guides and smart Alerts for SA's top restaurants, events and services. Stop hunting, start finding