Kinderkerk Opleiding – Ingeskakel & Aangeskakel
Lewende Woord Kruis Kidz Venue, Brummeria Road 72, Cape Town, Western Cape, South AfricaFaith & SpiritualityPhysical
About Kinderkerk Opleiding – Ingeskakel & Aangeskakel
Vars, dinamiese en praktiese kinderbedieningsopleiding vir kinderkerkleiers, vrywilligers en bedieningspanne in die plaaslike kerk.
Toerusting. Konneksie. Bemoediging.
Kinderbediening is meer as net 'n Sondagprogram. Ons het die voorreg om kinders geestelik te help groei, families te bedien en die volgende generasie sterk in God se Woord te vestig.
Kinderkerk Opleiding – Ingeskakel & Aangeskakel is 'n praktiese kinderbedieningsopleidingsgeleentheid deur Lewende Woord Brummeria, in samewerking met KidzConnectSA.
Hierdie is nie net 'n dag vol teorie nie. Ons wil jou help met praktiese idees, vars visie en gereedskap wat jy reeds die volgende Sondag in jou bediening kan gebruik.
Ons fokus hierdie keer op beginsels vir groei, sterk Sondae, dinamiese kinderbediening, sterker spanne, praktiese idees en geestelike groei en herlewing onder kinders.
Daar sal ook geleentheid wees vir gesprek, vrae, gebed, konneksie met ander kinderbedieningsmense en bemoediging vir die pad vorentoe.
Ons wil hê jy moet huis toe gaan met vars visie, praktiese gereedskap, nuwe idees en hernude moed.
Ingeskakel by die Bron. Aangeskakel vir bediening. Gereed vir herlewing.
Wie Moet Kom?
Hierdie opleiding is vir kinderkerkleiers, vrywilligers, bedieningspanne, kinderbedieningswerkers en enigeen met 'n hart om kinders in die plaaslike kerk te bedien.
Jy hoef nie 'n voltydse kinderbedieningsleier te wees nie. As jy deel is van 'n span en kinders bedien, is hierdie dag vir jou.
Datum en Tyd
Saterdag 17 Oktober 2026
09:00–13:00
Belangrike datumverandering: Die opleiding was oorspronklik vir 10 Oktober beplan, maar die datum is verskuif na Saterdag 17 Oktober 2026. Maak dus seker jy merk 17 Oktober op jou kalender — ons sien uit daarna om jou daar te hê!
Interested in Kinderkerk Opleiding – Ingeskakel & Aangeskakel?
View ticket details and book with the event organizer.