|
Friday, Oct 02, 2026 |
|
10:30 AM - 11:15 AM |
Frikkie, n dapper maar vergeetagtige Tandmuis, se rustige lewe word omvergegooi wanneer n gevaarlike kat, Matewis, sy muisgemeenskap bedreig. Dinge raak verder ingewikkeld wanneer kaptein Rottemaaier opdaag om ontsnapte rotte te vang en moontlik die muise vir rotte kan aansien. Saam met sy vriende, Tinka, Bessie en Stoffel, beraam Frikkie n slim plan om Matewis te vang en sodoende die muise te beskerm.
Intussen sorg Milly, Frikkie se kleindogter, se wegkruipplek vir groot paniek, terwyl Frikkie se liefde vir lekkers hom in die moeilikheid laat beland. Met humor, spanning en talle komiese misverstande beleef die muise n onvergeetlike avontuur oor vriendskap, moed en saamstaan.
R 120.00
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch, Summerhill Wines, R44
Get alerts for similar events