Skip to main content

Boekbekendstelling - 'n Handvol Verlies

7B Gordon Rd, 7B Gordon Road, River View, Cape Town, Western Cape, South AfricaAfrikaansPhysical

No reviews yet
Quicket logo
OrganizerQuicket

Tickets from

R 160

About Boekbekendstelling - 'n Handvol Verlies

Pas vrygestel! Kom ontmoet Ina by die bekendstelling van haar splinternuwe boek, 'n Handvol Verlies. Ons kuier by De La Cafè in Witbank en gaan 'n heerlike ete saam met die skrywer en vriende geniet.

Waaroor gaan die boek?


Kanker kies sy slagoffers ongeag aansien of kennis. Selfs my mediese agtergrond

kon my dit nie laat vryspring nie.

Ek het almal aangeraai om gereeld vir 'n jaarlikse mammogram te gaan; daadwerklik

'n voorbeeld gestel en getrou vir my eie gegaan. Tog is my borskanker

aanvanklik gemis en was reeds in 'n gevorderde stadium toe die diagnose

uiteindelik gemaak is. Ek was agt-en-veertig, 'n voltydse narkotiseur en enkelma

met kinders nog op laerskool.

Die onkoloog het nie doekies omgedraai nie en my duidelik laat verstaan dat

my kans om vyf jaar te oorleef aan die skraal kant is. Indien chemoterapie en

bestraling onsuksesvol sou wees, sou palliatiewe sorg waarskynlik my voorland

wees.

Dis amper twintig jaar later. Ver verwyderd van my siekte se begindae toe ek

boekwinkel na boekwinkel deurkruis het op soek na 'n soort reddingsboei –

leesstof deur iemand in dieselfde bootjie. Al wat ek destyds kon vind, was boeke

met raad vir gesonde diëte en leefstylveranderinge om kanker te voorkom.

'n Handvol Verlies is dáárdie boek. Nie net vir borskankerlyers nie, maar ook vir

dié na aan hulle. Met afwisselende humor en erns, word die lewe met borskanker

beskryf deur iemand wat weet hoe dit voel om daarmee saam te leef.


Interested in Boekbekendstelling - 'n Handvol Verlies?

View ticket details and book with the event organizer.